Gaan na inhoud

Madison

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Madison

Kaart Wapen
Vlag
Land Verenigde State
Deelstaat Wisconsin
Koordinate 43deg04'N 89deg24'W / 43.067degN 89.400degW / 43.067; -89.400
Gestig op 9 Oktober 1839
Geinkorporeer op 1848
Oppervlakte:
- Totaal 219 vk km
Bevolking:
- Totaal (Stad en county 2010) 233 209
- Bevolkingsdigtheid 1 169,8/vk km
- Metropolitaanse gebied 568 593
Tydsone CST (UTC -6)
Somertyd: CDT (UTC -5)
Klimaat
- Tipe Kontinentale klimaat
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur 6,5 degC
- Gem. temp. Januarie/Julie -6,5 / 21,5 degC
- Gemiddelde jaarlikse neerslae 874,3 mm
Burgemeester Satya
Rhodes-Conway (D)
Amptelike Webwerf cityofmadison.com

Madison is die hoofstad van Wisconsin, 'n deelstaat van die Verenigde State. Dit is gelee in Dane County.

Karakter

[wysig | wysig bron]
Die Capitol

Madison se karakter word hoofsaaklik gevorm deur die teenwoordigheid van die hoofkampus van die Universiteit van Wisconsin en die feit dat dit die setel is van Wisconsin se regering. Die stad is gelee tussen twee groot mere en ook omring deur melkplase en 'n aantal naburige natuur reservate soos onder andere Governer Nelson State Park, Blue Mounds State Park, Devil's Lake State Park. Milwaukee is per motor omtrent 'n driekwartier oos van Madison and Chicago is twee-en-'n-halfuur suid-oos.

Die universiteit het onder andere sterk departemente van meganiese, elektriese, rekenaar- en chemiese ingenieurswese; onderwys en biologie. Daar is nagenoeg 160 000 studente by die universiteit ingeskryf en dit trek baie studente van oorsee, veral vir nagraadse studies. Die teenwoordigheid van die universiteit maak dat daar gereeld nuwe tegnologiemaatskappye in Madison en omgewing ontstaan.

Die hart van Madison is gelee op 'n landengte tussen Mononameer en Mendotameer. Die stad sprei uit langs die twee mere saam met 'n paar kleiner munisipaliteite. Die goewermentsgebou (Capitol) staan op die stadsplein op 'n heuwel in die middel van die landengte, omring deur laer geboue sodat dit altyd van ver af sigbaar sal wees. Die plein word gedurende die somer ook vir kunsuitstallings, simfoniekonserte en parades gebruik.

Madison het 'n inwonertal van omtrent 233 000 in 2010 gehad.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die stad het sy oorsprong in 1836 toe 'n eertydse federale regter, James Doty, ongeveer 4 km2 gekoop het rondom Mendota-, Monona-, Waubesa-, en Kegonsamere. Hy het die staatswetgewers oortuig dat hulle hul hoofstad hier moet kom vestig, en hulle het toe in November 1836 ingestem.

Klimaat

[wysig | wysig bron]
-22 degC en winderig naby Madison

Vanwee die feit dat Madison relatief ver noord le (43deg) word die winters koud en die gemiddelde dagtemperatuur wissel van -8 degC in Januarie tot 22 degC in Julie.

Gemiddelde jaarlikse reenval is 84 cm en sneeuval is 127 cm.

Ontspanning

[wysig | wysig bron]

Vir ontspanning gedurende die somer spandeer baie mense tyd op die mere in hulle bote en in die omliggende dele op hulle fietse of in kampterreine. In die winter is die mere bevrore en word daar deur die ys vis gevang en op die ys geskaats. Parke in en om die stad laat skiers hulself geniet. Die jag van wildsbokke, wilde eende en wilde kalkoene is ook 'n populere herfs- en lentetydverdryf op die omliggende plase en openbare land.

Landbou

[wysig | wysig bron]

Die meerderheid van die omliggende plase is melkplase waar meestal met Frieskoeie geboer word alhoewel Jersey en ander koeie ook gebruik word. Mielies, lusern en sojaboontjies word geproduseer as voer. Vark-, hoender- en beesboerdery sowel as koring- en tabakplase word ook hier gevind.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hoofstede van die Verenigde State
HoofstedeAlbany * Annapolis * Atlanta * Augusta * Austin * Baton Rouge * Bismarck * Boise * Boston * Carson City * Charleston * Cheyenne * Columbia * Columbus * Concord * Denver * Des Moines * Dover * Frankfort * Harrisburg * Hartford * Helena * Honolulu * Indianapolis * Jackson * Jefferson City * Juneau * Lansing * Lincoln * Little Rock * Madison * Montgomery * Montpelier * Nashville * Oklahoma City * Olympia * Phoenix * Pierre * Providence * Raleigh * Richmond * Sacramento * Saint Paul * Salem * Salt Lake City * Santa Fe * Springfield * Tallahassee * Topeka * Trenton